SA Waterbulletin April 1980
Abstract
On APRIL 1980 IAWPR-referate: Gesogte kennis RSA PRESTEER MET 10 Uit die 170 referate wat ingedien is vir die International Association on Water Pollution Research (IAWPR) se Toronto-konferensie, is 68 geselekteer, en hiervan kom 10 uit Suid-Afnka. Hoe merkwaardig hierdie prestasie is, blyk uit die feit dat slegs die VSA, met 13 referate, beter gevaar het. Hierna voig Kanada met 9, Frankryk 8, Wes-Duitsland 6, Japan 4 en elf ander lande met 3 of minder. Die verdeling van die Suid-Afrikaanse referate is: Nasionale Instituut vir Waternavorsing - 6, Waternavorsingskommissie - 2, Universiteit van Kaapstad (Departement Siviele Ingenieurswese) - 1, en AECI - 1. Die konferensie word van 23 tot 27 Junie 1980 in Toronto gehou en is die Tiende Konferensie van die IAWPR. Hierdie konferensies wat tweejaarliks gehou word, skep unieke geleenthede vir die bekendstelling van die nuutste kennis oor alle aspekte van waterbesoedeling en die bekamping daarvan.
Categories
Access Report
Free download · PDF format
