Back to results
Water Wheel Magazine

SA Waterbulletin November 1984

Published: 1984

Abstract

I Nuusbrief van die Waternavorsingskommissie Newsletter of the Water Research Commission NOVEMBER 1 984 Daar gaan toenemend druk op die besproeiingsboer in die Republiek uitgeoefen word om water optimaal te gebruik, sê mnr David van der Merwe, 'n hoofadviseur van die Waternavorsingskommissie. Mnr Van der Merwe het op 9 Augustus 'n referaat gelewer by 'n simposium oor Die benutting van water in die /andbou wat deur die Afdeling Landbouwetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gereël is. Hy het gesê dat die besproeiingsboer vir die volgende aantal dekades in die skaduwee van drie belangrike beperkings sal moet funksioneer en produseer - skaduwees wat valbyle kan word as die wetenskaplikes aktief op hierdie gebied en die besproeiingsboer nie hulle kant bring nie. Die beperkings is: Die hoeveelheid water beskikbaar vir landboudoeleindes Toenemende mineralisasie van die besproeiingswater Die invloed van die energiestituasie op besproeiing.

Access Report

Free download · PDF format

Related Research