Back to results
Water Wheel Magazine

SA Waterbulletin November 1982

Published: 1982

Abstract

Nuusbrief van die Waternavorsingskommissie NOVEMBER 1 982 Newsletter of the Water Research Commission 7/1 4ci. Geohidrologiese navorsing: WNK finansier nuwe projek Die Waternavorsingskommissie het 'n kontrak met die Universiteit van Stellenbosch en die Departement van Omgewingsake aangegaan ter bevordering van geohidrologiese navorsing in Suid-Afrika. Die navorsingswerk wat in die opvanggebied van die Poesjenels rivier, 'n sytak van die Breërivier in Wes-Kaapland, sal plaasvind, behels gedetailleerde geohidrologiese ondersoeke met spesiale verwysing na mineralisasie. Die nuwe projek sal na verwagting vier en 'n half jaar duur en staan onder leiding van mnr G J Greeff van die Departement Geologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Kommer oor die mineralisasie van verskeie Suid-Afrikaanse riviere het reeds in die laat sestigerjare aanleiding gegee tot 'n reeks navorsingsprogramme waaraan die WNNR en verskeie staatsdepartemente en universiteite deelgeneem het.

Access Report

Free download · PDF format

Related Research