Back to results
Water Wheel Magazine

SA Waterbulletin October 1982

Published: 1982

Abstract

Duisende besproeiings-boere in die Republiek van Suid-Afrika betaal jaarliks 'n heffing aan die Waternavorsingsfonds ten opsigte van water wat vir besproeiing op ingelyste grond gebruik is. Die Fonds word gebruik om die werksaamhede van die Waternavorsingskommissie (WNK) te finansier, wat ten taak het om navorsing oor die gebruik van water vir landbou-, nywerheids-of stedelike doeleindes te koördineer, te bevorder, aan te moedig of te laat onderneem. Die heffing op besproeiingswater is egter nie die enigste bron van inkomste van die Fonds nie: heffings op waterverbruik vir stedelike, nywerheids-en huishoudelike doeleindes lewer verreweg die grootste bydrae, soos elders in die bulletin geullustreer word. Hierdie spesiale uitgawe van SA Waterbulletin (nuusbrief van die WNK) word aangebied met die vertroue dat onduidelikhede wat mag bestaan oor die aanwending van die fondse daardeur uit die weg geruim sal word, en dat die belangrikheid van navorsing vir die beter benutting van besproeiingswater weer eens duidelik na yore sal kom.

Access Report

Free download · PDF format

Related Research