Water Wheel - Sep/Oct 2005
Abstract
The Water Wheel September-October 2005 4 LETTER Mense is fassinerend. Hulle amuseer jou, frustreer jou, of maak jou sommer pleinweg de hoenders in. Seker diè dat ons medemense (wel, dan seker ek ook…) heelwat meer as gereeld die onderwerp van ‘n bespreking is. En op ‘n stadium – hetsy goed of sleg - vergelyk ons hul selfs met dinge of onderwerpe soos die weer, ‘n boek, ‘n haas of ‘n edelsteen. Weens die aard van my (natterige) beroep, vergestalt mense vir my in water verwante voorwerpe. Ek kry die (nat) draad sonder veel moeite deurgetrek na my vriende en familie toe. Daar kry ek toe windpomp-bure, kraan-familie en dam-maters. En die verwantskap raak al hoe interessanter. Eerstens sien ek die windpomp-mense. Hulle is dood-gelukkig (lees ook gelukkig-dood) met hulle wortels stewig op een stukkie grond en geen behoefte om die wêreld te verken óf hul visie te verbreed nie. Die wind is nodig om enigsins reaksie uit hul te kry: die wind van groepsdruk, of ‘n klap van aanhitsing tussen die blaaie. Dus meestal afhanklik, in ‘n sieldodende groef en vol wind.
Authors
Categories
Access Report
Free download · PDF format
